Vanguard-klas duikboot

HMS Vanguard te Faslane, 2010

Die Vanguard-klas duikboot is 'n klas kernaangedrewe duikbote van die Britse Vloot wat interkontinentale ballistiese missiele dra. Hierdie klas is ontwikkel ter ondersteuning van die Trident-kernmissielprojek.

Veertien jaar na die aanvang van Trident is die eerste duikboot, die HMS Vanguard, in diens gestel. Nog drie duikbote het gevolg: HMS Victorius, HMS Vigilant en HMS Vengeance. Hulle dra die Trident D5-missiele aanboord.

Hierdie klas is tweemaal so groot soos die Resolution-klas wat hulle vervang het. Die 16-buismissielstelsel is gebaseer op die 24-buisstelsel van die Amerikaanse Ohio-klas Trident duikbote.

Die duikbote word in hul geheel in Groot-Brittanje vervaardig. 'n Spesiale fasiliteit is gebou by die Devonshire Dock Hall waarin die duikbote vervaardig word. Skepe in dié klas benodig slegs 'n bemanning van 132 teenoor die 149 van 'n Polaris-duikboot. Dit is die gevolg van outomatisering in die nuwe duikbote. Die kernaandrywingstelsel sowel as die wapenstelsel is ook verbeter.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy